| |||||
Nasionale leuse: 홍익인간/弘益人間[1] (Koreaans vir: "Bring voordeel vir die mensdom") | |||||
Volkslied: Aegukga 애국가 (Koreaans vir: "Die Patriotiese Lied") | |||||
Hoofstad | Seoel | ||||
Grootste stad | Seoel | ||||
Amptelike tale | Koreaans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Yoon Suk-yeol Han Duck-soo | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Eerste Koninkryk • Wiman Joseon • Drie Koninkryke • Noord-Suidelike Koninkryke • Goryeo-dinastie • Joseon-dinastie • Keiserryk • Onafhanklikheidsverklaring • Voorlopige Regering • Republiek • Huidige grondwet |
3 Oktober 2333 v.C.1 194 v.C. 18 v.C. 698 918 1392 1 Maart 1919 11 April 1919 15 Augustus 1945 15 Augustus 1948 25 Februarie 1988 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
100 363 km2 (107de) 38 750 myl2 2,7 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
51 745 000[3] (27ste) 48 580 000 507 / km2 (13de) 1 313,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,916[5] (23ste) – baie hoog | ||||
Gini (2016) | 31,4[6](93ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Won (simbool: ₩) (KRW )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
KST (UTC+9) nie toegepas nie (UTC+9) | ||||
Internet-TLD | .kr, .한국 | ||||
Skakelkode | +82 | ||||
1. tradisioneel; kontemporêre rekords uit die 7de eeu v.C. |
Suid-Korea, amptelik die Republiek Korea (Koreaans: 대한민국/大韓民國, Daehan Minguk, , letterlik: "Die Groot Republiek Han"), is 'n republiek in Oos-Asië wat die suidelike helfte van die Koreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan. Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 100 km suid van die vasteland geleë.
Die land word in die noorde begrens deur die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (Noord-Korea), in die ooste deur die See van Japan (wat in Suid-Korea egter Oossee genoem word), die Oos-Chinese See in die suide en die Geelsee in die weste. Die land word in die suidooste deur die Straat van Korea van die Japanse eiland Tsushima geskei. Die Volksrepubliek China is oorkant die Geelsee geleë.
Die hoofstad en grootste metropolitaanse gebied is Seoel aan die Hanrivier waar byna die helfte van die Suid-Koreaanse bevolking saamgetrek is. Seoel is die ekonomiese spilpunt van dié land en het sentraal gestaan in die sogenaamde "Wonder aan die Hanrivier", die vinnige industrialisering en verstedeliking van Suid-Korea ná die Koreaanse Oorlog (1950–1953) wat van die republiek – oorspronklik 'n arm agrariese samelewing – binne enkele dekades een van die vernaamste en tegnologies gevorderdste nywerheidslande ter wêreld gemaak het.[7] Multinasionale ondernemings en konglomerate soos Samsung, LG, Hyundai en Kia het tot globale rolspelers ontwikkel.
Suid-Korea het, net soos sy buurland Japan, 'n etnies uiters homogene bevolking van meer as 51 miljoen. Koreane se nasionale identiteit en selfbeskouing as lotgemeenskap spruit voort uit hierdie eendersheid en 'n geskiedenis as onafhanklike nasie wat tot in die 7de eeu n.C. terugstrek. So word die politieke verdeling van Korea ná die Tweede Wêreldoorlog volgens 'n ooreenkoms tussen die Verenigde State en die Sowjetunie steeds as 'n traumatiese en smartvolle gebeurtenis ervaar. Die stigting van Suid-Korea in 1948 is voorafgegaan deur die Japannese besetting van Korea sedert 1910.
Nadat die kommunistiese Noord-Korea op 25 Junie 1950 die suide binnegeval het, het die Koreaanse Oorlog as internasionale konflik, waarby ook Suid-Afrika militêr betrokke was, drie jaar lank op die skiereiland gewoed. Die oorlogshandelinge is in 1953 met 'n wapenstilstandsooreenkoms beëindig waarvolgens Noord- en Suid-Korea deur 'n gedemilitariseerde sone met 'n wydte van vier kilometer van mekaar geskei word.
Dié sone, wat oor 'n afstand van 240 km loop en ongeveer die 38ste noordelike breedtegraad vanaf die monding van die Hanrivier aan die weskus van die Koreaanse Skiereiland tot 'n punt aan die ooskus, net suid van die Noord-Koreaanse nedersetting Kosŏng, volg, kom grootliks ooreen met die wapenstilstandslyn van 1953.
Sedert republiekwording het Suid-Korea vyf groot grondwetlike veranderinge ondergaan wat dié land van outokrasieë en militêre diktature tot 'n volwaardige veelpartydemokrasie gelei het.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search